Vrou erg beseer na 4 skote in hoewe-aanval Maandag 15 Maart "Ek Corlene van Wyk ( dit is die dame in die foto) was vanoggend teater toe en is veilig terug,

ek het ongelooflik seer Dokter was nou by my.

Ek word Maandag weer geopereer.

Vandag het hulle die een gat in my been toegemaak.

Die uitgangs wond is blykbaar baie groot so hy moet verklein word, ons gaan dan ook kyk of die drein kan verwyder word as die bloeding gestop het.

My hand het ook nog n drein in vir bloeding. Professor sê hulle het weefsels, spiere ens. vandag geheg ens. Daar is defnitief nog n skoot gewees, want dokter sê my hand is denlfnitief 2x geskiet.

Daar is nie iets om die pyn mee te vergelyk nie.

Nie tandpyn, rugpyn of brand kom naby nie . Dankie vir elkeen se boodskappies, gebede en bystand. Ek waardeer elke sekonde wat julle aan my dink ens. Dis vir my moeilik om te tik en almal te dank en op hoogte te hou. So ek stuur dit nou maar so." Laasweek Maandag 15 Maart 2021