https://find-it.co.za/2020/11/11/plaasmoord-een-boer-dood-verdagte-vlug-te-voet/

ODENDAALSRUS. – Mark Regal is ‘n paar minute gelede op Thelma-plaas, ‘n wildsplaas in die Vrystaat, doodgeskiet.

Rudie van Vuuren, veiligheidskoördineerder van Odendaalsrus, het die voorval bevestig.

Volgens Van Vuuren is Regal tyden die voorval doodgeskiet. Hy sê een verdagte is na bewering op die toneel geskiet en ‘n ander een het glo gevlug.

Boere in die omgewing is gevra om na die wildsplaas te gaan sodat hulle die ander verdagte kan help soek. Boere op die toneel sê hulle is besig om die wildsplaas af te skort. Polisie- en nooddienste is op die toneel.

Die honde-eenheid is ook ontbied.