Chantelle Kershaw (43), is helder oordag omstreeks 13:00 in haar motorhuis aangeval deur twee swart manlike aanvallers. Haar lyk is daarna in die motorhuis gevind en dit word vermoed dat sy verwurg is. Chantelle se moeder, Grieta Spiers (65), is toe in die huis aangeval en wreed in haar gesig geslaan.

Soos ons nou al weet, gaan hierdie aanvalle wat deur swart mans gepak word, gepaard met sadisties ekstreme geweld en wreedheid, en baie keer word die slagoffers vermoor vir ‘n klein ding soos ‘n selfoon.

Chantelle en haar ma, Grieta Spiers kon tydens die aanval onmoontlik die twee manlike aanvallers, wat hulle 2 teen een geneem het, fisies beveg, so dit was duidelik dat die moord en geweld ongegrond was, en die vrouens sou enigiets net oorgegee het, so NIE ‘n “rooftog wat verkeerd geloop het nie.” Hierdie lafhartige swart manlike aanvallers kom altyd in pakke en gebruik ekstreme geweld teen mense wat baie swakker is as hulle. Maar ons gee hulle toegang tot die binnekring van ons lewens wanneer ons hulle werk gee, en dit blyk dat hulle dit nie kan weerstaan om goed te steel nie.

Die moordenaars het met die vermoorde vrou se bakkie, met ‘n grassnyer en ‘n vuurwapen, gevlug. Gelukkig het die Afriforum-buurtwag die bakkie op die R50 gewaar en agtervolg volgens Marius Muller van Afriforum.

Die bestuurder van die bakkie het toe beheer oor die voertuig verloor en dit het gerol. Een verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en een verdagte is in die ongeluk beseer en is na die hospitaal geneem.